Thandi Modise-saak: AfriForum gaan appelleer


Luister nou

Volgende

Thandi Modise-saak: AfriForum gaan appelleer

30 April 2021

Die burgerregte-organisasie AfriForum sê hy is teleurgesteld in die uitspraak wat landdros Ben Mtebele vanmiddag in die Potchefstroomse Streekhof gelewer het in die saak waar die speaker in die parlement, Thandi Modise op aanklagte van dieremishandeling verskyn het.

In 2014 het die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings, oftewel NRDBV talle uitgehongerde en dooie diere op Modise se plaas buite Potchefstroom gevind.

AfriForum se teleurstelling kom nadat Modise se regsverteenwoordiger, advokaat Dali Mpofu, gister ’n artikel 174-aansoek ingevolge die Strafproseswet gebring het. Mpofu het aangevoer Modise moet onskuldig bevind word op alle aanklagte teen haar omdat sy glo nie geweet het van die toetand waarin die diere was nie.

Mtebele het die saak teen Modise ter syde gestel.

Die hoofondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, Andrew Leask sê die eenheid is van mening dat daar genoegsame gronde is om teen die uitspraak te appelleer en het reeds opdrag ontvang om daarmee voort te gaan.

Die direksievoorsitter van die familieboerorganisasie Saai, dr. Theo de Jager, sê die afloop van die saak skep groot verwarring in die landbousektor oor waar die aanspreeklikheid en verantwoordelikheid van veeboere ten opsigte van dierewelsyn lê.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GpShrnfWQAA5m9y

ANC en kie sê samesprekings het gelei tot BTW-besluit, nié die hof nie

ENOCH2

Dawie Roodt: Die ANC sit met eier op hulle gesigte ná BTW-verhoging geskrap word

Marianne Pouwels_b

Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop

Thabo-3-800x450

Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus

WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7

E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie

Ander Nuus Artikels

maxresdefault
Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut
cd042b9b447d9a8f
Audi sluit vier van sy handelaars in Suid-Afrika
ENOCH1-large
Die EFF, MK-party eis die minister van finansies se bedanking
GpShrnfWQAA5m9y
ANC en kie sê samesprekings het gelei tot BTW-besluit, nié die hof nie
ENOCH2
Dawie Roodt: Die ANC sit met eier op hulle gesigte ná BTW-verhoging geskrap word

Thandi Modise-saak: AfriForum gaan appelleer


Luister nou

Volgende