31 Julie 2024
Die verhoor oor die ontsnapping van die veroordeelde moordenaar en sogenaamde Facebook-verkragter, Thabo Bester sal in Februarie 2025 begin.
Bester, sy lewensmaat, dr. Nandipha Magudumana, en sewe ander verdagtes het vroeër vandag vlugtig in die hooggeregshof in Bloemfontein verskyn.
Die groep word aangekla vir Bester se ontsnapping uit die Mangaung maksimum sekuriteitsgevangenis meer as twee jaar gelede.
Hulle staar meer as dertig aanklagte van bedrog, korrupsie, brandstigting en lykskending in die gesig.
Bester en Magudumana is in 2023 in Tanzanië aangekeer nadat hulle gevlug het – ná ‘n lid van die publiek Bester in ‘n supermark herken het.
Foto: eNCA
[WATCH] Thabo Bester implores the Bloemfontein High Court to relax his incarceration conditions. His request includes the use of a laptop or tablet to prepare for his trial.#Newzroom405 pic.twitter.com/baasU11fda
— Newzroom Afrika (@Newzroom405) July 31, 2024