Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Thabo Bester en vriendin terug in Suid-Afrika

13 April 2023

Die sogenaamde Facebook-verkragter, Thabo Bester en sy vriendin, dr. Nandipha Magudumana is vroeg vanoggend terug na Suid-Afrika gebring.

Die twee het vanoggend op die Lanseria-lughawe in Johannesburg geland, nadat hulle die afgelope naweek in Tanzanië  in hegtenis geneem is.

‘n Polisievoertuig het hulle by die vliegtuig opgelaai. Bester het in Mei verlede jaar uit die Mangaung Korrektiewe Sentrum in Bloemfontein ontsnap nadat hy sy eie dood nagemaak het. Die privaat veiligheidsmaatskappy, G4S bedryf die gevangenis.

Bester is die Facebook-verkragter gedoop omdat hy die platform gebruik het om sy slagoffers te lok, verkrag en beroof. Hy het minstens een moord gepleeg en is 2012 tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis.

Intussen het die polisieminister, Bheki Cele en die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola vanoggend terugvoer gegee oor Bester se terugkeer na Suid-Afrika. Bester is na die Kgosi Mampuru korrektiewe sentrum in Pretoria geneem, en Magudumana is in polisie-aanhouding voordat sy vanoggend in Bloemfontein in die hof verskyn. Sy word van medepligtigheid tot ontsnapping en moord aangekla.

Vyf mense is nou in verband met die voorval in hegtenis geneem, insluitend Bester en Magudumana.

Volgens die nasionale kommissaris van die departement van korrektiewe dienste is Bester onder 24 uur waarneming. 

https://twitter.com/Min_JCS/status/1646394553161719808
https://twitter.com/Chriseldalewis/status/1646352364880707589

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ramaphosa-signs-NHI-Bill-into-law-NEW-CCV-XXX

Ramaphosa se ondertekening van NGV mag ingevolge hofbeslissing hersien word

Untitled design (1)

Boksburg-man dood na kroeg-aanranding

skysports-kagiso-rabada-south-africa-odi-cricket_6838930

Kagiso Rabada weer vry om te speel na skorsing

Cyril-2-1

Ramaphosa nuusbrief: “Arbeidswette sal wanbalanse van die verlede regstel”

A,White,Rhino,/,Rhinoceros,Grazing,In,An,Open,Field

103 renosters in die eerste drie maande van 2025 gestroop

Ander Nuus Artikels

Indoors,Chicken,Farm,,Chicken,Feeding
350 000 uitgehongerde hoenders in minder as ‘n week van kant gemaak
weskoppies
Burgemeester sê kragtoevoer na Weskoppies-psigiatriese hospitaal sal binnekort herstel word
eikenhof
AfriForum Jeug bring PAIA-aansoek oor NWU se ondersoek ná beweerde “sangoma-ritueel”
ramaphosa-signs-NHI-Bill-into-law-NEW-CCV-XXX
Ramaphosa se ondertekening van NGV mag ingevolge hofbeslissing hersien word
Untitled design (1)
Boksburg-man dood na kroeg-aanranding

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende