Thabo Bester bring hofaansoek vir rekenaar, internetverbinding én koerante


Luister nou

Volgende

Thabo Bester bring hofaansoek vir rekenaar, internetverbinding én koerante

17 September 2024

Die veroordeelde moordenaar en verkragter, Thabo Bester het ‘n hofaansoek ingedien waarin hy toegang tot ‘n skootrekenaar versoek om glo voor te berei vir sy komende strafsaak.

Sy aansoek is vandag in die hooggeregshof in Johannesburg aangehoor. Volgens hom het hy nie toegang tot enige inligting nie en vra daarom vir internetverbinding én ‘n daaglikse koerant.

Bester – wat tans teregstaan op aanklagte dat hy in Mei 2022 uit die Mangaung-korrektiewe sentrum in Bloemfontein ontsnap het – het saam met sy meisie, Nandipha Magudumana, na Tanzanië gevlug.

Hulle is in hegtenis geneem en na Suid-Afrika gedeporteer.

Dié verhoor – waar verskeie tronkbeamptes saam met Bester en Magudumana aangekla word – is vir 10 Februarie volgende jaar op die hofrol geplaas. Bester word tans by die Kgosi Mampuru II-tronk in Pretoria aangehou. 

Foto: Gauteng Tourism Authority

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Thabo Bester bring hofaansoek vir rekenaar, internetverbinding én koerante


Luister nou

Volgende