Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Terug op die lug

Hoofstuk 12 – 17 Augustus 2023

Teen die helfte van April is daar weer uitvoerige gesprekke met die uitsaai-owerheid gevoer. Die uitsaai-owerheid wou sekerheid dat die stasie volhoubaar sou kon uitsaai. Daardie vrae is beantwoord en  aan die uitsaai-owerheid gestuur tesame met die name van die stasie se bestuur.

Die bestuurspan soos deurgegee was:

Algemene Bestuurder : ds. Mossie van de Berg,

Bestuurder : mnr. Wim Eek,

Hoof van die Nuusafdeling : mnr. Willem Thompson en nuusskrywers : Mev. Ellen Diedericks en haar personeel,

Hoof van die Administrasie : Mnr. I.A. Coetzee,

Hoof van Advertensie-werwing : mnr Peet Joubert,

Programbestuurder : Mnr. Johannes Van der Walt bygestaan deur een omroeper en vier klank-kontroleurs.

Op 5 Julie 1994 is ’n ledevergadering van die maatskappy gehou en daar is die Direksie soos volg saamgestel :

Voorsitter van die Direksie en Besturende Direkteur : ds. CL van den Berg,

Vise-Voorsitter : mnr. Clem de Klerk,

Sekretaris : mnr. Jan Groenewald,

Bykomend : mnr. Wim Eek en prof. A D Pont.

Die ander  lede van die direksie was :  prof. CJJ Basson, mnr. PJ Pieters, prof. PG Nel en mnr. JJ Diedericks wat die Tegniese Afdeling beheer het.

Na al die reëlings en besluite en verklarings moes die stasie nou die bewyse vir sy bestaansreg lewer. Dit was nie altyd so maklik nie, want ’n reëlmatige toevloei van fondse van nie so vanselfsprekend nie. Immers,  tot op hierdie stadium was die stasie nog iets soos “’n radio te velde” soos Johannes van der Walt dit gestel het. Tot op daardie stadium het die stasie se inkomste bestaan uit advertensies, donasies en die inkomste uit Saterdae se Boeremarkte op Donkerhoek.

Daarteenoor was daar dertig personeellede wat maandeliks vergoed moes word en dan was daar ook nog die Ontvanger van Inkomste wat sy deel wou hê. Die grootste bydrae is in daardie begindae deur die personeel gemaak. Sommige was bereid om sonder vergoeding te werk, ander het sonder beswaar, ’n inkorting van hulle salarisse aanvaar, ander het vanself ’n verminderde salaris getrek.

Jaap Diedericks het ’n sommetjie hiervan gemaak en bereken dat die personeel, vir die eerste 16 jaar van die stasie se tweede lewe, ’n bydrae van ongeveer R4-miljoen gemaak het om die stasie aan die gang te hou.

Daarby het die meeste medewerkers van buite hulle kennis en kundigheid gratis gegee en so ’n groot rol gespeel het om die programme van die stasie op peil te hou.

Daar was ook Afrikaner-organisasies wat in stilte gehelp het terwyl Michael Meyer van Lighuis Promosies as advertensie-werwer ook kort-kort die spreekwoordelike haas uit die hoed gehaal het en dan was daar adverteerders wat vooruit betaal het of op ander maniere finansiële en morele steun gegee het.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende