Oggend met Esté Gross

Sondae
08:00 - 15:00

Luister nou

Volgende

“Tensy regering anders aankondig, verval regulasies om middernag,” sê AfriForum

4 Mei 2022

Die burgerregteorganisasie, AfriForum het in ‘n verklaring mense daaraan herinner dat die 30 dae-verlenging van die Covid-19-regulasies om middernag verstryk.

Die organisasie sê dit beteken dat tensy die regering nog een van sy laataand-aankondigings maak, niemand verplig sal word om van môre af maskers te dra of enige ander Covid-19-regulasies na te kom nie, aangesien geen sodanige regulasies sal bestaan of afgedwing kan word nie.

LEES OOK: PLAASLIKE PRODUKSIE VAN COVID-19-MIDDEL BYT IN DIE (ENT)STOF

Die regering het aanvanklik die regulasies vir 30 dae verleng nadat die nasionale ramptoestand beëindig is om permanente regulasies in hierdie verband te implementeer.

AfriForum sê sou die regering voortgaan met sy planne om hierdie regulasies permanent in die wet te verskans, sal die organisasie in samewerking met die openbaredeelnameplatform DearSA regstappe doen.

“AfriForum se hofstukke is reeds gefinaliseer en ons regspan staan gereed om hierdie wysigings onmiddellik te beveg, sou dit in werking tree. AfriForum sal litigeer om die verstommende en onregverdigbare regulasies te hersien,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se veldtogbestuurder.

LEES OOK: DEPARTEMENT SIT MET OORMAAT ENTSTOF WEENS LAE INENTINGSKOERS

Intussen sê DearSA hy is ook bekommerd oor die regering se hantering van die openbaredeelnameproses rakende kommentaar op die nuwe voorgestelde wysigings aan die gesondheidswet.

“Die aantal kommentare wat ingedien is, soos aangehaal deur gesondheidsamptenare, is veel minder as dít wat DearSA ontvang en ingedien het namens openbare deelnemers. Meer as 95% van die 283 000 kommentare wat ons ontvang het, het hierdie regulasies in sy geheel verwerp. ’n Gedetailleerde verslag van al hierdie individuele kommentare sal binnekort aan die publiek beskikbaar gestel word,” sê Gideon Joubert, uitvoerende hoof van DearSA.

AfriForum het ook meer as 30 000 individuele kommentare ingedien wat die regulasies verwerp.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Oggend met Esté Gross

Sondae
08:00 - 15:00

Luister nou

Volgende