“Tembisa-hospitaal betaal byna R500 000 vir 200 denimbroeke” – sê DA


Luister nou

Volgende

“Tembisa-hospitaal betaal byna R500 000 vir 200 denimbroeke” – sê DA

23 Augustus 2022

“Die Tembisa-hospitaal het R498 000 betaal vir noupyp denimbroeke, maar steeds is die uitvoerende hoof nié geskors nie.”

Só sê die DA se skadu-LUR vir gesondheid, Jack Bloom nadat News24 berig het dat byna ‘n half-miljoen rand betaal is vir 200 pare denimbroeke vir meisies tussen 6- en 7 jaar oud. Dit is R2500 per paar.

Volgens Bloom is die broeke in Junie verlede jaar gekoop by ‘n maatskappy, Inez Chaste wat ‘n maand ter vore gestig is. Dit is een van tien maatskappye wat besit word deur die afgetrede sokkerspeler, Themba Shabalala en sy vrou, Evelyn.

News24 berig verder dat die egpaar se maatskappye binne ‘n tydperk van twee maande R110-miljoen in kontrakte by die hospitaal losgeslaan het. Die fluitjieblaser, Babita Deokaran, wat vandag een jaar gelede vermoor is, wou glo beweerde korrupsie by die hospitaal blootlê.

Bloom sê ondanks die beweerde korrupsie en denimbroek-skandaal by die hospitaal word die uitvoerende hoof, Ashley Mthunzi nie geskors nie en bly hy steeds in sy pos. “Die hospitaal is berug vir swak dienslewering en oorbevolking, maar het glo baie geld bestee aan luukse leunstoele en denimbroeke.”

Volgens Bloom het die hospitaal ook gedurende die Covid-19-pandemie hand handdoeke aangekoop teen R230 elk.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

“Tembisa-hospitaal betaal byna R500 000 vir 200 denimbroeke” – sê DA


Luister nou

Volgende