9 Mei 2023
Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, die RGN, sê hulle is teleurgesteld dat die aanvraag na Pre-Blootstelling Profylakse, laer is as wat hulle gehoop het.
Die sogenaamde PrEP beskerm diegene wat die risiko loop om MIV op te doen.
Dit is sewe jaar gelede deur die regering bekendgestel en is ‘n medikasie wat ‘n persoon kan neem om die risiko’s van MIV te verminder – indien hy of sy daaraan blootgestel word.
Die medikasie is bedoel vir diegene wat die risiko loop om MIV te kry, soos tieners, lede van die LGBTQI + gemeenskap, sekswerkers en diegene wat intieme verhoudings met mense het wat MIV-positief is.
Alhoewel die middel 99% doeltreffend is as dit gebruik word soos voorgeskryf, het baie pasiënte steeds nie voldoende inligting daaroor nie.