4 Januarie 2022
Die Amerikaanse tegnologiereus, Apple, het die eerste maatskappy geword wat se markwaarde die $3000-miljard merk verby gesteek het.
Apple het dié prestasie op die eerste markdag van 2022 behaal voordat die aandeelprys voor sluitingstyd weer terug gesak het.
Ontleders sê dié prestasie is die jongste in die tegnologie-sektor wat aangedryf word deur markkragte wat voordeel trek uit maatreëls wat ingestel word om die Covid-19 pandemie te probeer bekamp.
Die onderneming was ook die eerste maatskappy om die $2000-miljard merk verby te steek – ‘n prestasie wat hy in Augustus verede jaar behaal het – toe inperkingsmaatreeëls wêreldwyd die vraag na sy produkte en dienste verhoog het.
Insgelyks het die maatskappy ook die eerste geword om die $1000-miljard kerf verby te steek – toe sy markwaarde in Augustus 2018 dié drempel oorgesteek het.
Apple Becomes 1st Company Worth $3 Trillion—Greater Than The GDP Of The UK https://t.co/uokcBwfW9d pic.twitter.com/pXlXU9FUgH
— Forbes (@Forbes) January 3, 2022