14 Julie 2021
Minibus-taxibestuurders wat probeer om die Vosloorus winkelsentrum aan die Oos-Rand op te pas, het glo met skerppunt-ammunisie op honderde plunderaars losgebrand.
Volgens berigte het enkele van die plunderaars terug geskiet en die skietgeveg het sowat vyf minute geduur.
LEES OOK: SAAI: “BOERE MOET MEKAAR ONDERSTEUN EN BESKERM TE MIDDE VAN PLUNDERY”
Die sentrum is oornag geplunder en ‘n meubelwinkel, ‘n slaghuis en kruidenierswinkels is in die proses geplunder.
‘n Lid van een van die taxi-verenigings – wat ‘n knuppel rondgeswaai het – sê daar is meer as 500 van hulle lede in Kathlehong en Vosloorus ontplooi om winkelsentrums op te pas.
LEES OOK: 45 DOOD TE MIDDE VAN ONLUSTE
Intussen berig Times Live dat ‘n 13-jarige tienerseun tydens die oor-en-weer skietery doodgeskiet is. Volgens News24 is ‘n man se liggaam ook vroeër vandag buite die inkopiesentrum gevind.
#UnrestSA Armed taxi operators chasing away looters at Chris Hani Mall in Vosloorus using live ammunition @TeamNews24 pic.twitter.com/3sgNKFZmoK
— ntwaagae Seleka (@ntwaagae) July 14, 2021
Well done on the taxi for taking a stand against looting. #Unrest #ProtectSouthAfrica pic.twitter.com/B6oFg0cd0Y
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) July 14, 2021
Hou Afrikaans op die lug