Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Taxi-bestuurder vir eers skotvry na pa en seun se dood

20 Oktober 2021

Die bestuurder van ‘n minibus-taxi wat ‘n pa en seun by Bandelierkop in Limpopo in ‘n voorval van padwoede doodgeskiet het, gaan moontlik nie vervolg word nie.

Netwerk24 berig dat die man wat die 52-jarige André Duvenhage en sy 29-jarige seun Danie geskiet het, nog nie aangekla is of in die hof verskyn het nie.

Die man – wie se naam op regsadvies weerhou word – het homself tydens die voorval ook in die been geskiet en is eers vir mediese behandeling in die hospitaal opgeneem.

Brigadier Motlafelo Mojapelo van die polisie het destyds gesê die man sal in die hof verskyn sodra hy ontslaan is.

‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Mashudu Malabi-Dzangi, sê die direkteur van openbare vervolging het besluit om nie strafregtelike klagte teen die bestuurder van die minibus-taxi aanhangig te maak nie, maar om eerder ‘n geregtelike doodsondersoek te gelas.

Die Duvenhages is op die 28e Mei doodgeskiet nadat hulle die bestuurder by ‘n vulstasie gekonfronteer het oor ‘n voorval wat glo vroeër op die N1 tussen Pietersburg en Louis Trichardt plaasgevind het.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende