Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende

Taverne-tragedie: Wettige ouderdom vir alkoholgebruik moet heroorweeg word, sê Ramaphosa

6 Julie 2022

President Cyril Ramaphosa sê ‘n nasionale debat is nodig om die wettige ouderdom vir alkohol-gebruik van 18 na 21 te verhoog. 

Hy het vanoggend ‘n toespraak gelewer by die massabegrafnis van 21 jongmense wat op 26 Junie dood is by ‘n taverne in Scenery Park in die Oos-Kaap. Die tieners, waarvan die jongste 13 was het ‘n partytjie by die Enyobeni taverne gehou om die einde van die eksamen te vier.

Volgens Ramaphosa is daar té veel voorvalle landwyd waar drankmisbruik lei tot verskeie probleme. Hy sê ‘n taverne en ander kuierplekke is nie bedoel vir kinders nie en meen alkohol moes nooit aan hulle bedien word nie.

Hy het ‘n beroep op drankvervaardigers gedoen om nié alkohol aan minderjariges te bemark nie. Volgens hom het hy al verskeie versoeke van mense gehad wat vra dat die ouderdom vir drankverbruik verhoog word na 21.

Ramaphosa sê die dood van die 21 jong mense moet dien as ‘n waarskuwing om die streep te trek rakende die probleem van alkoholmisbruik onder minderjariges. “Ons moet nooit weer toelaat dat so iets gebeur nie.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende