Talle klagtes sedert 2020 teen Wes-Kaapse polisiebeamptes ingedien


Luister nou

Volgende

Talle klagtes sedert 2020 teen Wes-Kaapse polisiebeamptes ingedien

12 September 2023

Die DA se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, Gillion Bosman, sê dit is skokkend dat wetstoepassers van ernstige misdade soos moord, verkragting, korrupsie en aanranding aangekla word.

In antwoord op ‘n parlementêre vraag oor dié aangeleentheid het die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangedui dat 257 kriminele klagte teen lede van die polisiediens in die Wes-Kaap ingedien is.

Dit is vir die periode van 2020 tot op hede. In 2020 is 100 sake teen polisiebeamptes ingedien, in 2021 was daar 76 sake en 66 sake is in 2022 teen polisiebeamptes ingedien. Tot dusver vanjaar is 15 klagtes teen polisiebeamptes ingedien.

Bosman sê die syfers ondersteun hul standpunt dat polisiëringsmagte na provinsiale vlak afgewentel moet word.

Die kriminele klagtes sluit in:

  • 58 klagtes van aanranding
  • 17 klagtes van aanranding met die doel om ernstig te beseer
  • 43 klagtes van bestuur onder die invloed van drank
  • Agt sake van bedrog
  • Agt sake van moord
  • Vyf sake korrupsie
  • Vier sake van verkragting
KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Talle klagtes sedert 2020 teen Wes-Kaapse polisiebeamptes ingedien


Luister nou

Volgende