25 Oktober 2024
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeraad sê die kabelspoor op Tafelberg sal steeds vandag gesluit wees ná ‘n brand gister by die onderste kabelspoorstasie.
Volgens dié raad sal dit tot nadere kennisgewing van krag bly.
Dit word gedoen om aan tegnici en ingenieurs die geleentheid te gee om ‘n skadebepaling te doen en die veiligheid van dié stelsel te evalueer.
In ‘n verklaring sê die parkeraad dat alle personeel en besoekers veilig van die berg af kon kom ná die brand en dat alle wandelpaaie en staproetes op die berg steeds oop sal bly.
Video: earlier today… https://t.co/CaaykBP4IX pic.twitter.com/H9BdpWhzpN
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) October 24, 2024