30 September 2021
Die Tafelberg se bekende kabelspoorkar is genomineer vir die World Travel-toekennings se kategorie van die beste kabelkar ter wêreld asook die beste toeristetrekpleister in Afrika.
Volgens die besturende direkteur van die kabelkar-maatskappy, Wahida Parker is dit die eerste keer sedert hy in bedryf is, wat hulle vir dié toekenning genomineer is. Sy sê hulle is totaal verras deur die nominasie van die beste kabelspoort veral gegewe die moeilike paar maande weens die Covid-19-pandemie.
Ander kabelkarre op die lys is die Disney Skyliner Kabelkar in Amerika, Peak 2 Peak 360 in Kanada, Skyline Queenstown in Nieu-Seeland en Wings of Tatev in Armenië.
Parker sê die stemproses eindig op 25 Oktober en doen ‘n beroep op mense om te stem.
Robben Eiland en die V&A-waterfront ook genomineer as die beste toeristetrekpleister in Afrika.
Stem vir die Aitsa’s