Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Taakspan nodig om brandstigting van vragmotors hok te slaan

11 Julie 2023

Die burgerregteorganisasie AfriForum eis dat ‘n veelsydige taakspan op die been gebring word om die persone wat verantwoordelik is vir die onlangse vragmotorbrande, vas te trek.

Nagenoeg 16 vragmotors is die afgelope drie dae in verskeie dele van die land aan die brand gesteek.

‘n Strategiese raadgewer by AfriForum, Johan Kruger meen dat beide president Cyril Ramaphosa en die minister van polisie, Bheki Cele dringend leierskap moet toon om hierdie vlaag van vragmotorbrande hok te slaan voordat die situasie verder eskaleer.

“Dit is duidelik dat hierdie ’n gekoördineerde poging is deur groepe om sabotasie te pleeg, vragmotorbestuurders te terroriseer en ekonomiese skade aan vervoermaatskappye en die land se ekonomie te doen,” sê Kruger.

Volgens Kruger beskik die polisie ook nie oor die vermoë om vinnig en beslissend op te tree nie.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ENOCH

Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Untitled design (2)

Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

GraUysfXsAAcdKU

Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel

Geld-1

Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%

IMG-20220418-WA0228

Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-21 123804
Nuuskommentaar: Internasionale Museumdag (18 Mei) se oproep tot ons
GreTTOMXoAArt_c
“Apartheidsbelasting” van die hand gewys
Grekf-sXIAACXI5
Politieke partye, organisasies reageer op die derde begroting
ENOCH
Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede
Untitled design (2)
Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende