4 April 2023
DNS-uitslae het bevind dat die 21-jarige Poolse vrou, Julia Faustyna nié Madeleine McCann is wat in 2007 in Portugal ontvoer is nie.
Die 3-jarige Madeleine was saam met haar familie met vakansie in Portugal toe sy uit hulle vakansiewoonstel ontvoer is. As sy wel nog leef sal sy nou 19 jaar oud wees.
Faustyna het ‘n storm op sosiale media veroorsaak nadat sy in ‘n video op TikTok gesê het dat sy dié vermiste Maddie is. Haar privaat ondersoeker, Fia Johansson het in ‘n artikel gesê dat die DNS toetsing gedoen is om te bepaal van water herkoms Faustyna is, omdat hulle nie DNS-monsters van Madeleine se ouers, Kate en Gerry McCann het nie.
Luidens die DNS-uitslae is Faustyna 100% van Poolse herkoms en het geen verbintenis met Engeland of selfs Duitsland nie.
Faustyna het onlangs op die Amerikaanse program, Dr. Phil verskyn waarin sy aangevoer het dat sy oortuig is dat sy wel die vermiste Madeleine is.