Swart vonnis laat vertroue in strafregstelsel verder wegkwyn


Luister nou

Volgende

Swart vonnis laat vertroue in strafregstelsel verder wegkwyn

Nuuskommentaar: 14 Junie 2022

Deur: Chanté Kelder

Jaco “Hooligan” Swart is verlede week in die Pretoria-Noord streekhof skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Swart is gevonnis tot ’n boete van R20 000 sowel as drie jaar tronkstraf wat vir vyf jaar opgeskort is. Die beeldmateriaal wat wys hoe Nicoleen Swart – Swart se vervreemde vrou – herhaaldelik met die vuis geslaan word en later geskop word is nie as bewyse in die saak toegelaat nie maar is wyd op sosiale media gedeel. Almal op sosiale media was dit eens dat dié vonnis lagwekkend is.

Swart het ter versagting van die vonnis gesê dat hy  berou getoon het, programme bywoon en berading ontvang. Dit het egter aan die lig gekom dat Swart na bewering die naweek voor sy vonnisoplegging sy eks-meisie en haar huidige kêrel aangerand het.

In ander nuus is ’n polisieman verlede week tot ses jaar tronkstraf gevonnis omdat hy omkoopgeld aanvaar het. Twee kabeldiewe is in Augustus verlede jaar gevonnis tot 16 jaar tronkstraf elk en ’n derde tot 12 jaar tronkstraf. Dit staan in skerp kontras teen Swart se R20 000 boete en opgeskorte tronkstraf vir die kere wat hy sy vrou voor hulle twee jong seuns gewelddadig geskop, gestamp en met die vuis geslaan het.

Natuurlik moet ’n mens appels met appels vergelyk, korrupsie en kabeldiefstal is van die ernstigste probleme in Suid-Afrika en dit moet beslis swaar gestraf word. Geweld teen vroue en kinders is egter ook ’n ernstige probleem in Suid-Afrika, so ernstig dat pres. Cyril Ramaphosa op verskeie geleenthede die nasie toegespreek het oor die kommerwekkende hoë vlakke van geweld teenoor vroue en kinders. Juis daarom raak dit moeiliker om vertroue in die strafregstelsel te behou as korrupte wetstoepassers en kabeldiewe swaarder gestraf word as diegene wat skuldig is aan huishoudelike geweld, verkragting en selfs moord.

Genl. Fanie Masemola, nasionale polisiekommissaris, het Woensdag gesê dat gemeenskappe toenemend die reg in eie hande neem omdat hulle vertroue in die strafregstelsel in geheel verloor en nie net oor ’n gebrek aan vertroue in die SAPD nie. Wanneer mense soos Swart net kan berou wys en berading kan ontvang in ruil vir ’n skandelike ligte vonnis kan ’n mens beter begryp waarom gemeenskappe self optree om geregtigheid te laat geskied. Die lang arm van die gereg raak duidelik al hoe korter en korter.

Masemola se woorde is weerspieël in die kommentaar op sosiale media waar talle mense hul begeerte uitgespreek het om Swart self by te kom aangesien die hof se straf nie swaar genoeg is nie. Benewens die sagte vonnis wat Swart gekry het moet daar ook onthou word dat hierdie aanrandingsaak vir lank gesloer het en ook van die rol geskrap is voor AfriForum se privaatvervolgingseenheid ingetree het om vir Nicoleen by te staan.

Swart se vonnis en die Nasionale Vervolgingsgesag se reaksie dat die R20 000 boete “nie te sleg is nie” tesame met die feit dat Nicoleen nie die geleentheid gegun is om self te getuig oor wat met haar gebeur het nie stuur ’n negatiewe boodskap uit aan ander slagoffers van huishoudelike en geslagsgebaseerde geweld. Nicoleen se dapper besluit om aanspraak te maak op geregtigheid moet ander slagoffers bemoedig om ook na vore te tree maar die gedagte dat ’n gewelddadige oortreder met net ’n raps oor die vingers kan wegstap dwing slagoffers dieper in die skadu’s in uit vrees vir hul eie lewens asook die van hul naastes. Dit is betreurenswaardig en móét verander.  

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Swart vonnis laat vertroue in strafregstelsel verder wegkwyn


Luister nou

Volgende