14 Maart 2022
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het vanoggend met sy sittings begin na sy ondersoek oor beweerde rassediskriminasie binne die advertensie-bedryf.
Die sittings word in Sandton gehou en poog daarin om die publisering van advertensies met ‘n beweerde rassistiese ondertoon stop te sit. Chris Nissen verbonde aan die MRK sê die kommissie is bekommerd oor die advertenisebedryf nadat hulle talle klagtes ontvang het.
In 2020 is daar ‘n omstrede Tresemmé advertensie geplaas wat gelei het tot ‘n reuse optog by Clicks-winkels landswyd. Ander advertensies asook die bedryf in die geheel word bespreek.

Die EFF se hoof van politieke opvoeding, dr. Mbuyiseni Ndlozi het tydens sy getuienis gesê dat swart mense in Suid-Afrika nie as mense beskou word nie. Hy sê in Suid-Afrika moet jy of wit word of sogenaamde maskers dra om hulle kultuur weg te steek.
Die anti-apartheidsaktivis Zulaikha Patel het ook getuig en meen “swart mense kan nie rassisties wees nie omdat hulle ekonomies onderdruk word.”