27 Junie 2022
Daar is ‘n toename van 41% persent in tienerswangerskappe onder moeders – van 10 tot 14 jaar oud – in Noordwes aangeteken.
Dit het aan die lig gekom tydens ‘n vraag-en-antwoordsessie in die provinsiale wetgewer.
Nadat die DA ‘n vraag in dié verband aan die LUR belas met gesondheid, Madoda Sambatha, gestel het, het dié inligting aan die lig gekom.
Gedurende dieselfde tydperk – van April 2021 tot Maart 2022 – was daar ook ‘n 17% toename in bevallings waar die moeder tussen 15- en 19 jaar oud was, met byna 9500 bevallings wat aangemeld is.
Die DA se woordvoerder oor gesondheid in Noordwes, Gavin Edwards, sê sy party is bekommerd.