29 September 2022
Die 18-jarige man wat in hegtenis geneem is vir die moord op die Kaapse landdros, Romay van Rooyen, is haar susterskind.
Cassidy Hartzenberg is Dinsdagoggend by sy ouerhuis in Mitchells Plain in hegtenis geneem.
Netwerk24 berig dat Hartzenberg glo gister in sy bekentenis vir die Valke gesê het dat hy sy tannie gewurg het nadat sy nie vir hom wou geld leen vir sy studies nie.
Die 53-jarige Van Rooyen was tot en met haar dood ‘n landdros in Vredenburg.
Hartzenberg verskyn vandag in die landdroshof in Simonstad op aanklagte van moord en voertuigdiefstal.