9 November 2022
Die suikerreus Tongaat Hulett sal uitstaande geld aan suikerrietboere en diensverskaffers in die suikerbedryf betaal nadat die Suid-Afrikaanse Suikerrietwerkersvereniging ‘n ooreenkoms met hulle gesluit het.
Tongaat het verlede maand met ‘n vrywillige sakereddingsproses vir sy twee bedryfsmaatskappye in Suid-Afrika begin.
Die voorsitter van die SA Suikerrietvereniging, Andrew Russel, sê in ‘n verklaring dat die uitstaande betalings vir suikerriet wat in September afgelewer is, teen Vrydag aan kommersiële boere betaal moet word.
Die SA Suikerrietvereniging sê dit is noodsaaklik dat diensverskaffers soos kontrakteurs, toevoerverskaffers, en vervoermaatskappye betaal moet word, want boere kan nie sonder dit werk nie.