26 April 2023
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking sê hy doen alles in sy vermoë om te verseker dat agt Suid-Afrikaners – wat toegang tot Egipte geweier is – bystand ontvang.
Hulle is deel van ‘n groep wat uit die oorloggeteisterde Soedan ontruim is en word nie in Egipte toegelaat nie, aangesien hulle nie reisdokumente het nie.
Volgens Dirco se hoof van openbare diplomasie, Clayson Monyela, het hulle waarskynlik hulle dokumente agter gelaat toe hulle gevlug het.
Hy sê daar word met die Egiptiese regering onderhandel om hulle toegang tot die land te gee, maar dat hulle ook probeer om tydelike reisdokumente vir hulle te reël.
Monyela het bygevoeg dat die agt – asook sewe Angolese en een Lesotho-burger – in die tussentyd veilig by die Egiptiese grens is.