12 Junie 2023
Suid-Afrikaners se ongesonde leefstylgewoontes is volgens ‘n onlangse studie die tiende swakste ter wêreld.
Die studie oor ongesonde leefstylgewoontes is deur die mediesefonds vergelykingswebwerf MedicalAid.com in 50 lande gedoen.
Die studie het ongesonde gewoontes soos oormatige eetgewoontes, ‘n gebrek aan oefening, alkoholverbruik, rook en seksueel oordraagbare siektes per 100 000 mense gebruik om die uitslae van die studie te bepaal.
Die studie het ook gekyk na van die grootste mediese fondse in Suid-Afrika, en watter voordele dit vir sy kliënte bied. Volgens die studie is 38% van Suid-Afrikaans nie fisies aktief nie, terwyl 28,3% oorgewig is. Suid-Afrika is ook die land met die meeste gevalle van seksuele oordraagbare siektes, met meer as 37 000 gevalle per 100 000 landsburgers.
Bulgarye is volgens die studie die land met die ongesondste leefstylgewoontes weens die groot hoeveelheid mense wat in die land rook. Latvia is in die tweede plek weens die hoeveelheid alkohol wat landsburgers in die land inneem. Argentinië is die derde ongesondste land.
In die vierde plek is Amerika, gevolg deur Litaue (Lithuania), Kroasië en Hongarye is nommer sewe. Estland is agtste en negende is Duitsland.
