Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Suid-Afrikaners in die “donker” oor alternatiewe kragopwekking

Die burgerregtegroep, AfriForum het ’n skrywe aan Eskom gerig om duidelikheid te vra oor die wetlike raamwerk wat die verpligte registrasie van privaatkragopwekking behels.

 

Die registrasie geld vir sakeondernemings en privaat-huishoudings met ‘n opwekkingsvermoë van minder as 50-kiloWatt.

 

Volgens die bestuurder van plaaslike-regeringsake by AfriForum, Morné Mostert, lyk dit asof Eskom voortgaan om Suid-Afrikaners in ’n toestand van onsekerheid te hou oor die toekoms van alternatiewe kragopwekking.

 

“Die onlangse aankondiging wat vereis dat alle Eskom-kliënte as SSEG’s moet registreer as hulle aan die kragnetwerk gekoppel is en alternatiewe kragbronne gebruik, het baie Suid-Afrikaners met meer vrae as antwoorde gelaat,” sê Mostert.

 

Hy sê die toenemende rol wat kleinskaalse kragopwekking in energiesekerheid speel, maak dit noodsaaklik dat daar duidelike en wetlike regverdigings vir Eskom se toepassingsmaatreëls verskaf word.

 

Volgens hom soek AfriForum ook duidelikheid oor die regsgrondslag vir die oplegging van boetes of strawwe aan gebruikers wat nie aan hierdie registrasievereistes voldoen nie.

 

“Gegewe die toenemende rol wat kleinskaalse kragopwekking in energiesekerheid speel, is dit noodsaaklik dat Eskom duidelike en wetlike regverdigings vir sy toepassingsmaatreëls verskaf,” sê Mostert.

2 Responses

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.

22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

LISENSIE-2

OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees

covid-1

Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme

0000416479_resized_newidcard

Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke

Ander Nuus Artikels

GvZuflXXAAAZv4E
Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris
ENOCH1-large
Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk
GvVmHWcWoAAxnfb
Italiaanse man dood toe vliegtuig se enjin hom insuig
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.
22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende