“Suid-Afrikaners het hulle wense laat hoor in die verkiesing,” sê Ramaphosa by inhuldiging


Luister nou

Volgende

“Suid-Afrikaners het hulle wense laat hoor in die verkiesing,” sê Ramaphosa by inhuldiging

19 Junie 2024

President Cyril Ramaphosa sê dit is die begin van ‘n nuwe era vir Suid-Afrika na afloop van die verkiesing.

Vanoggend se seremonie.

Hy is vanoggend tydens ‘n amptelike seremonie by die Uniegebou deur hoofregter Raymond Zondo ingehuldig vir sy tweede termyn as president.

Ramaphosa sê die regering aanvaar en respekteer die uitkomste van verlede maand se nasionale verkiesing. Volgens hom is dit duidelik dat landsburgers nie op een party kon besluit nie, en sal daarom gehoor gee aan Suid-Afrikaners se wense deur die stig van ‘n Regering van Nasionale Eenheid,

Hy sê dit is duidelik deur die uitslae van die verkiesing dat mense ‘n meer inklusiewe land soek met gelyke geleenthede vir al sy inwoners ongeag hulle ras of geslag. Volgens hom was mense baie eerlik oor dit wat hulle soek.

“Hulle soek ‘n land waarin hulle ‘n skuiling kan vind in ‘n demokratiese Grondwet, met gewaarborgde beskerming van die howe.” Ramaphosa sê Suid-Afrikaners sienuit na ‘n land waar hulle bo hulle omstandighede kan uitstyg.

“Suid-Afrikaners soek goeie huise, kos, en basiese dienste soos paaie wat onderhou word, en straatligte wat werk. Hulle soek grond omdat hulle wil boer, en hulle wil besighede kan bedryf. Hulle wil veilig in hulle huise, op straat, in stede, dorpe en plase wees.”

Hy sê Suid-Afrikaners moet alles in hulle vermoë doen om die drome ‘n werklikheid te maak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

NUUSWEEK WILLIE

Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

KgosikgoloKgafelaKgafelaII_26June2025

Koning regeer oor afstand ná dreigemente

Jake_White_EHTL6442-scaled-e1673217119283

Jake White verlaat die Blou Bulle

Ander Nuus Artikels

re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Vrou wat kind doodry
Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander
Glyryer2
16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

“Suid-Afrikaners het hulle wense laat hoor in die verkiesing,” sê Ramaphosa by inhuldiging


Luister nou

Volgende