Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

“Suid-Afrikaners behoort woedend te wees oor Zuma se kwytskelding”

11 Augustus 2023

Die besluit om oud-president Jacob Zuma van sy vonnis kwyt te skeld, het verskeie reaksie in opposisiepartye ontlok.

ActionSA meen die besluit skep ‘n gevaarlike presedent dat onwettige optrede nie gevolge het nie. Die party meen dit toon ‘n minagting vir die regstelsel. Die leier van die party, Herman Mashaba sê dit wil voorkom asof president Cyril Ramaphosa 9 488 gevangenes vrygelaat het om Zuma te red van verdere gevangenisstraf.

Die DA het vroeër ook op die nuus gereageer en meen dat dit ‘n bewys is dat die ANC uit die kussings in aanstaande jaar se algemene verkiesing gelig behoort te word. Die leier van die party het tydens ‘n mediakonferensie gesê dat die party verdere regstappe oor die kwytskelding oorweeg.

Die DA-LP, advokaat Glynnis Breytenbach sê hierdie kwytskelding is ‘n skande, en Suid-Afrikaners behoort woedend te wees.

Die leier van die VF Plus, dr Pieter Groenewald sê die besluit is ‘n teken van Ramaphosa se oneerlikheid oor die aangeleentheid aangesien hy twee jaar gelede ʼn direkte vraag van die VF Plus oor die moontlikheid van kwytskelding ontduik het.

Hy meen die ANC sal op gewone landsburgers trap, en nie hulle regte respekteer nie, bloot om ‘n kader uit die tronk te hou.

Die IVP het die kwytskelding verwelkom, en meen die besluit verhoed enige verdere onluste. Die party het egter benadruk dat die kwytskelding nie as ‘n presedent beskou moet word nie.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende