11 Oktober 2023
Die minister van sport, kuns en kultuur, Zizi Kodwa het belowe dat Suid-Afrikaanse sportspanne steeds onder die land se vlag kan deelneem aan groot sportgeleenthede.
Kodwa het gister aangekondig dat die regering appèl aangeteken het teen die besluit van die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels, oor Suid-Afrika nie aan hul vereistes voldoen nie.
Volgens hom gee die appèl die versekering dat Suid-Afrikaanse spanne steeds onder sy vlag kan deelneem, terwyl die saak hangende is.
Hy sê die gronde vir hul appèl is sterk en dat die voorgestelde sanksies “onvanpas” is.
Kodwa sê daar word daar intussen hard daaraan gewerk om te verseker wetgewing word gewysig om dit in ooreenstemming met Wada se kode te bring.
Foto: DFA