Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende

Suid-Afrikaanse Reserwebank 101 jaar oud

30 Junie 2022

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) is vandag – 101 jaar gelede – op 30 Junie 1921 gestig.

Die ongewone finansiële en monetêre toestande weens die Eerste Wêreldoorlog tussen 1914 en 1918 het die behoefte vir ‘n sentrale bank genoodsaak.

Die Reserwebank vertel op sy webblad dat op daardie stadium was die geld-eenheid gekoppel aan ‘n goudstandaard en moes die bank ‘n goudreserwe bewaar om die waarde van die uitgereikte geld te waarborg.

“Maar toe die prys van goud in die Verenigde Koninkryk gestyg het, kon ‘n wins gemaak word deur banknote in goud in Suid-Afrika om te skakel en die goud in Londen te verkoop. Om hul finansiële lewensvatbaarheid te verseker, het die banke die regering versoek om hulle vry te stel van die verpligting om hul banknote op aanvraag in goud om te skakel.”

Na die Goudkonferensie van 1919 het ‘n parlementêre komitee voorgestel dat ‘n sentrale bank gestig word om kommersiële banke se goud te berg en om banknote uit te reik.

Op 30 Junie 1921 open die Reserwebank sy deure en reik op 19 April 1922 die eerste banknote uit.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende