Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Suid-Afrikaanse atlete met helde-ontvangs verwelkom ná Olimpiese Spele

13 Augustus 2024

Suid-Afrika se deelnemers aan die pasafgelope Olimpiese Spele in Parys, Frankryk het vanoggend by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg aangekom, waar hulle met ‘n helde-ontvangs verwelkom is.

Die aflosspan. Foto: Anton Geyser (SASPAMedia)

Suid-Afrika kon ses medaljes in vanjaar se spele wen, drie meer as die vorige Olimpiese Spele in Japan.

Die swemmer Tatjana Smith het ‘n goue medalje gekry in die 100 meter borsslag, en silwer in die 200 meter borsslag.

Die 26-jarige spiesgooier, Jo-Ané van Dyk het ‘n silwer medalje gekry, terwyl die 4 x 100 meter-aflosspan, die derde silwer medalje huis toe gebring het.

Die bergfietsryer, Alan Hatherly en die Mans se Sewes rugbyspan het elk ‘n brons medalje gekry.

Jo-Ané van Dyk. Foto: Rolene Geyser (SASPAMedia)

Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie was vanoggend by die lughawe om span Suid-Afrika terug te verwelkom.

Hy het benadruk dat sy departement meer sal doen om deelnemers in alle sportsoorte te ondersteun.

McKenzie het aan die media gesê dat hulle nie van byvoorbeeld die hokkiespan kan verwag om te presteer as die spanlede elke dag moet aanmeld vir ‘n gewone werk nie.

Hokkie is een van die sportsoorte wat nie professioneel in Suid-Afrika is nie. Die minister het ook gesê dat die atlete se prestasies nie maklik was nie, en het hulle geluk gewens.

Die Springbok 7’s. Foto: Roelien Geyser (SASPAMedia)

Hy het na die skare verwys, en meen mense van alle rasse was daar om die span terug te verwelkom.

“Hierdie is Suid-Afrika, jy kan sien hier is mense van alle rasse, ons moenie toelaat dat die wêreld ons verdeel nie.”

Volgens hom het hy met die onderskeie LUR’e in die nege provinsies vergader, en meen daar sal binnekort ‘n groot verandering binne sport in Suid-Afrika plaasvind.

Hy reken Suid-Afrikaanse sportsterre is gereed om goed te presteer, maar dat hulle die ondersteuning nodig het.

Alan Hatherly. Foto: Rolene Geyser (SASPAMedia)

Smith het tydens ‘n mediakonferensie gesê dat sy oorweldig is deur vanoggend se verwelkoming.

Sy het emosioneel geraak toe sy sê dat vandag waarskynlik een van die laaste kere is wat sy groen en goud gaan dra omdat dié Olimpiese Spele haar laaste spele was.

Volgens Smith sal sy nou daarop fokus om jong atlete leiding te gee. Sy het beaam dat meer gedoen moet word om atlete in Suid-Afrika by te staan.

Tatjana Smith. Foto: Rolene Geyser (SASPAMedia)

Smith het verder jongmense aangemoedig om hulle drome na te jaag en slegs daarna te streef om hulleself te wees. Sy sê as “‘n meisie van Roodepoort” ‘n medalje kan verower kan jy dit ook doen.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende