Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Suid-Afrika se troepe uit DRK onttrek

Die DA het die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se besluit, om troepe uit die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) te onttrek, verwelkom.

Die DA se woordvoerder oor Verdediging en Militêre veterane, Chris Hattingh sê gegewe die haglike toestande waarin die troepe in die DRK diens moes doen en die sterftes, is dit verblydend dat hulle onttrek is.

Hy sê die party vra reeds ‘n geruime tyd dat die troepe onttrek word, veral na die gevegte tussen 23 en 25 Januarie toe die M23-rebelle die troepe omsingel het. Volgens hom het die soldate reeds die afgelope 48 dae geen ondersteuning ontvang van die regering en weermag nie.

Hattingh sê die troepe is ontneem van kos, en mediese voorraad.

Hy sê hoewel die besluit verwelkom word, gaan dit logistiek uitdagend wees om die soldate te onttrek. “Ons doen ‘n beroep op die minister van verdediging Angie Motshekga om seker te maak dat geen wapens of ammunisie agterbly nie omdat dit in die hande kan land van die M23-rebelle groep.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende