Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

“Suid-Afrika sal oorlog verklaar as Poetin in SA in hegtenis geneem word,” sê Russiese party

15 Mei 2023

Dit sal ‘n oorlogsverklaring wees indien die Russiese president, Wladimir Poetin, in hegtenis geneem word tydens vanjaar se BRICS-beraad wat in Durban plaasvind. 

Dít is die waarskuwing wat Rusland se voorste politieke party aan die ANC gerig het.

Die adjunkminister van openbare ondernemings, Obed Bapela, wat onlangs Rusland besoek het, het dié waarskuwing bevestig.

Die Suid-Afrikaanse regering het al die BRICS-leiers genooi om vanjaar se beraad in Augustus by te woon. President Cyril Ramaphosa het ook dié uitnodiging aan Poetin gerig.

Die Internasionale Strafhof, die IS, het egter kort ná die uitnodiging ‘n lasbrief vir Poetin se inhegtenisneming uitgereik vir beweerde oorlogmisdade wat in Oekraïne gepleeg is.

As lid van die IS, het Suid-Afrika ‘n wetlike plig om arrestasiebevele van die IS uit te voer. Die Wes-Kaap se premier, Alan Winde het na die uitnodiging aan Poetin gesê dat hy seker sal maak dat Poetin in hegtenis geneem word indien “hy sy voete in dié provinsie sit.”

Foto: The Moscow Times

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9

Die MK-party besoek Kleinfontein

Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)

Pous Franciskus sterf

0001054255_resized_paulmashatile150320231022

Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Ander Nuus Artikels

GpIRgvQWUAAJIpG
DA, EFF se aansoek oor BTW-verhoging vandag aangehoor
Old,And,Young,Person,Holding,Hands.,Elderly,Care,And,Respect,
Maatskaplike dienste “misluk” weens onreëlmatige besteding
Go6hdNIX0AAO0Ry
Herstelwerk by Tembisa-hospitaal sal nie vinnig kan begin nie
WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende