27 Julie 2021
Die 27-jarige branderplankryer, Bianca Buitendag het ‘n kort ruk gelede ‘n silwer medalje vir Suid-Afrika in die Olimpiese Spele in Tokio, Japan verower.
Suid-Afrika het nou sy tweede medalje (albei silwer) nadat die swemmer, Tatjana Schoenmaker ‘n silwer medalje in die 100m borsslag gewen het.

Buitendag het in die eindrondte van die dames kort-plank-item teenoor die Amerikaner Carissa Moore sake uitgespook. Moore, die eerste gekeurde, het 14.93 punte verdien, teenoor die 8.46 van Buitendag.
Buitendag was die 17de gekeurde in die Olimpiese Spele, maar het met haar pad na die eindronde die tweede en derde gekeurdes uitgeskakel.
Dit is ‘n geskiedkundige oomblik omdat dit die heel eerste keer is wat branderplankry by die Olimpiese Spele ingesluit word.
Hou Afrikaans op die lug