8 Desember 2022
President Cyril Ramaphosa het die 27ste Desember as ‘n openbare vakansiedag aangekondig.
Dit omdat Kersfees op ‘n Sondag val, en die Maandag na Kersfees reeds ‘n openbare vakansiedag is.
Volgens die presidensie is werkers geregtig op 12 openbare vakansiedae per jaar, en is die besluit geneem om te verseker dat daar voldoen word aan arbeidswetgewing.
Verskeie vakbonde het ‘n beroep op Ramaphosa gedoen om wel die 27ste as ‘n vakansiedag te aan te kondig.