Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Suid-Afrika kry ‘n “nuwe”, tydelike president

2 Julie 2021

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga sal tydelik as president van die land waarneem tydens president Cyril Ramaphosa se besoek aan Zambië.

President Ramaphosa het die aankondiging gedoen voordat hy na die oud-staatshoof, Kenneth Kaunda se begrafnis vertrek het. Kaunda is sowat twee weke gelede in die ouderdom van 97 oorlede nadat hy met longontsteking in die hospitaal opgeneem is.

Adjunk-president David Mabuza is nie beskikbaar om in Ramaphosa se plek waar te neem nie aangesien hy ook in die buiteland is.

Mabuza is tans in Rusland waar hy mediese behandeling ontvang. Motshekga sal waarskynlik net vir vandag die waarnemende president wees.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende