5 Oktober 2023
Die minister van finansies, Enoch Godongwana het in reaksie op ‘n EFF parlementslid se vraag gesê dat Suid-Afrika nie bankrot is nie.
Die EFF se Mzwanele Manyi wou my die minister weet of die regering se geld opgeraak het. Volgens Godongwana is dit die regering se doel om die land se finansies op ‘n volhoubare wyse te bestuur.
Hy het mense aangemoedig om die regering se webblad te besoek waarop daar maandelik ‘n gedetaileerde verklaring is van die regering se inkomste, uitgawes en lenings.
Godongwana het egter erken dat die inkomste-invorderings vir die eerste vier maande van die 2023/2024-boekjaar wel onder die verwagting gevaar het, hoofsaaklik weens onder-invorderings van korporatiewe inkomstebelasting en hoër BTW-terugbetalings.
Die EFF wou hierdie antwoord by Godongwana hê na berigte dat president Cyril Ramaphosa en sy kabinet na maniere soek om die land se finansiële krisis die hoof te bied.