Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

Suid-Afrika in 1993

Hoofstuk 1 – 1 Augustus 2023

“It was the best of times, it was the worst of times, it was the age of wisdom, it was the age of foolishness, it was the epoch of belief, it was the epoch of incredulity, it was the season of Light, it was the season of Darkness, it was the spring of hope, it was the winter of despair, we had everything before us, we had nothing before us, we were all going direct to Heaven, we were all going direct the other way—in short, the period was so far like the present period, that some of its noisiest authorities insisted on its being received, for good or for evil, in the superlative degree of comparison only.”

Charles Dickens, A Tale of Two Cities 1859

Soos in Charles Dickens se klassieke roman, A Tale of Two Cities, was die jaar 1993 ook die beste van tye maar ook die donkerste van tye.

Suid-Afrika het aan die vooraand gestaan van ‘n historiese omwenteling na drie-en-‘n half eeue van eers koloniale bewind en daarna ‘n minderheidsregering waarin Afrikaners sedert 1910 merendeels die botoon gevoer het.

Dit was onstuimige tye. ‘n Jaar tevore op 17 Maart 1992 is ‘n referendum onder wit Suid-Afrikaners gehou oor die vraag of die grondwetlike hervormingsproses wat op 2 Februarie 1990 begin het met die vrylating van Nelson Mandela uit die gevangenis en die ontbanning van onder andere die ANC, PAC en Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, voorgesit moet word. Met ‘n oorweldigende meerderheid van nagenoeg 70 persent van die uitgebragte stemme het wit Suid-Afrikaners “ja” gestem. Die 30% “nee” stemme het hoofsaaklik uit die Noordelike dele van die land gekom. Die Pietersburg referendum-streek, wat grootliks ooreenstem met vandag as die Limpopo-provinsie bekend staan, was die enigste streek in die land waar ‘n meerderheid van die wit kiesers “nee” gestem het.

Dit was dus seker dat Suid-Afrika ‘n punt bereik het waar omdraai nie meer moontlik was nie.  ‘n Onbekende toekoms het voorgelê waarin Afrikaners se dominante rol in die politiek van die land iets van die verlede sou raak.     

Die  oorsprong van Radio Pretoria (soos Pretoria FM aanvanklik sou bekendstaan) lê, merkwaardig genoeg,  in ’n aankondiging van die destydse president FW de Klerk wat in Maart 1993 ’n verklaring uitgereik het wat gelui het dat ‘n onafhanklike uitsaai-owerheid  het die opdrag gekry het om seker te maak dat alle Suid-Afrikaners die beste moontlike uitsaaidienste sal kry wat sonder vooroordeel of geneigdheid om die regering na te praat, sal wees. Die hoofdoelwit van die onafhanklike uitsaai-owerheid sou wees om ’n verskeidenheid van radio- en televisiedienste te lisensieer wat, almal saam, diens sal lewer aan alle taal- en kultuurgroepe. Hierdie dienste moes ’n mengsel van ontspanning, opvoeding en inligting aan die hoorders aanbied.

Hier is deur die owerheid die moontlikheid vir gemeenskappe geskep  om radio-stasies. Vir die oprigters van die stasie sou dit beteken dat ‘n geleentheid ontstaan het om ‘n radiostasie op te rig ten behoewe van die Afrikaner-kultuurgemeenskap.

Hierdie aankondiging het, onder andere, ’n geleentheid gebied aan Afrikaners om op ’n waardige manier wal te gooi teen die propaganda dat die Afrikaners moes weg-beweeg van hulle Christelik-nasionale identiteit.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Ander Nuus Artikels

Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende