21 Junie 2022
“Daar is talle vrae oor waarom die finale verslag van die Zondo-kommissie na staatskaping nie binne die spertyd aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig is vir bekendstelling nie.”
Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald sê die enigste verskoning wat aangebied is, was dat sekere “omstandighede” die vertraging veroorsaak het.
Hy sê die mense van Suid-Afrika het die reg om te weet wat hierdie omstandighede is sodat hulle self kan oordeel of dit geregverdig is of nie.
LEES OOK: OORHANDIGING VAN ZONDO-VERSLAG, UITGESTEL
Daar word ook berig dat ʼn vergadering plaasgevind het tussen die president en regter Raymond Zondo. Groenewald sê Suid-Afrikaners het die reg om te weet wat tydens hierdie vergadering bespreek is en waarom dit plaasgevind het.
“Daar moet onthou word dat meer as ʼn miljard rand van belastingbetalers se geld gebruik is vir die ondersoek na staatskaping en korrupsie. Mense wil die sekerheid hê dat hul geld oordeelkundig aangewend is en dat korrupsie uitgeroei gaan word.”