2 Junie 2022
‘n Onlangse studie deur Mars Petcare en Royal Canin in samewerking met dierewelsynkundiges toon dat net meer as 4-miljoen katte en honde in Suid-Afrika nie huise het nie.
Dit is 27% van die 14,9-miljoen katte en honde in die land wat as troeteldiere geklassifiseer word.
Daar is 1,7-miljoen rondloperhonde en 1,7-miljoen rondloperkatte in die land. Omtrend 650 000 honde en katte wat nie huise het nie woon in diereskuilings.