23 Januarie 2025
Mans het in die afgelope eeu twee keer soveel as vroue gegroei, beide in gewig en lengte.
Dít volgens ‘n studie deur Britse navorsers verbonde aan die Universiteit van Roehampton in Londen. Luidens die navorsing is daar nou ‘n groter verskil tussen vroue en mans se gewig en lengtes.
Volgens een van die navorsers, prof Lewis Halsey is data van die Wêreldgesondheidsorganisasie gebruik om te bepaal hoe lengte en gewig weens leefomstandighede verander het.
In die rekords van verskillende land is bevind dat vir elke 0,2 punt-verhoging in die menslike ontwikkelingsindeks (HDI) vroue gemiddeld 1,7 cm langer en 2,7 kg swaarder was, terwyl mans 4 cm langer en 6,5 kg swaarder was.
Volgens Halsey dui navorsing daarop dat lengte en gewig toeneem soos wat lewensomstandighede verbeter. Hy meen ‘n goeie, sterk liggaamsbou dui dikwels op goeie lewensomstandighede en goeie gesondheid.