Studie: Die gevaarlikste land om in te bestuur is…


Luister nou

Volgende

Studie: Die gevaarlikste land om in te bestuur is…

Suid-Afrika is die gevaarlikste land in die wêreld om in te bestuur.

Dit is volgens ’n verslag van die bestuurdersopleidingsplatform, Zutobi, wat die verslag saam stel deur te kyk na die gemiddelde hoeveelheid padongelukke wat in die betrokke lande plaasvind.

Die verslag werp die kalklig op die land se padsterftesyfer van 24,5% padsterftes per 100 000 mense.

Dis die tweede agtereenvolgende jaar wat Suid-Afrika eerste op dié lys verskyn. Die studie het spesifieke melding gemaak van die groot hoeveelheid motorbestuurders in Suid-Afrika wat nié hulle sitplekgordels gebruik nie. Slegs 31% van bestuurders en hulle voorste passasiers dra sitplekgordels in vergelyking met Noorweë waar 97,8% van sitplekgordels gebruik maak.

Thailand is volgens die verslag die tweede onveiligste om in te bestuur, gevolg deur Amerika. Die vierde gevaarlikste op die lys is Argentinië, en in die vyfde gevaarlikste plek is Indië.

Dit is egter belangrik om te noem dat ander Afrika lande nié op die lys ingesluit is nie weens die tekort aan beskikbare data.

Noorweë is die veiligste land om in te bestuur, gevolg deur Ysland en Japan.

 

3 Responses

  1. Sover my kennis strek is Nigeria die gevaarlikste plek in Afrika om te bestuur, lekker soon India en Brazil is beslis ook hoog op so n lys

  2. Wel ek stem saam!! Want kyk hoe ry die taxies en verkeers amptenare doen niks sal eerder omkoop geld soek by onskuldige padgebruikers

  3. Wel ek stem saam!! Want kyk hoe ry die taxies en verkeers amptenare doen niks sal eerder omkoop geld soek by onskuldige padgebruikers
    En verkeers owerhede fouteer opsigtelik

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Studie: Die gevaarlikste land om in te bestuur is…


Luister nou

Volgende