29 Julie 2021
Sewe uit 10 Suid-Afrikaners het min of géén vertroue in die regering se vermoë om te kan verseker dat Covid-19-entstowwe veilig is nie.
Dit luidens ‘n opname deur die Instituut vir Geregtigheid en Versoening (IJR). Volgens die studie sal die meerderheid van Suid-Afrikaners waarskynlik nié ingeënt word nie, terwyl die helfte glo dat gebed meer doeltreffend as ‘n entstof is.
Die studie het onder meer bevind dat wanneer dit by vertroue kom het slegs 13% van Suid-Afrikaners vertroue in die regering se vermoë om toe te sien die die entstof veilig is. 43% vertrou glad nie die regering nie.

54% van respondente sal nié die entstof wil kry nie terwyl 42% bereid sal wees om wel ingeënt te word.
Byna die helfte van Suid-Afrikaners – 47% – glo dat gebede baie meer doeltreffend as ‘n Covid-19-entstof is, terwyl slegs 25% glo dat die entstof ‘n beter uitkoms as ‘n gebed sal bied.

Hou Afrikaans op die lug