Student wat Regsleer-klas aanbied word les geleer


Luister nou

Volgende

Student wat Regsleer-klas aanbied word les geleer

3 Augustus 2022

‘n Eerstejaarstudent aan die Universiteit van Pretoria (UP) het glo vir ‘n semester daarin geslaag om voor te gee dat hy ‘n dosent in Regsleer (JUR110) is en het selfs klasse aangebied en notas vir studente saamgestel.

Die kampuskoerant, Perdeby het saam met dié vak se klasverteenwoordiger, Luca Rautenbach die vreemde voorval ondersoek. Die student, Moses Modisane is deur sy studente as “prof” aangespreek.

Volgens sy CV het hy by beide die Universiteit van die Witwatersrand en Unisa sy studies in onderwys begin, maar het dit nooit voltooi nie. Hy is tans ‘n eerstejaarstudent in regte, maar is nie gekwalifiseerd om klas te gee in die studierigting nie.

Hy het ‘n WhatsApp-groep genaamd “LLB Kampus Studiegroep” begin waarop hy “sy eerstejaarstudente” ingelig het oor klasse en lesbeplanning. Toegang tot die groepe en sekere “klasmateriaal” was egter nie vir almal beskikbaar nie. ‘n Foto van die student en skakel na die student se Facebook-blad moes eers verskaf word.

Perdeby berig verder dat dit onduidelik is wanneer presies Modisane begin het om “klas te gee,” maar dit wil voorkom asof die regsfakulteit vanaf ten minste April nie agtergekom het nie. Die fakulteit het in Junie ‘n kennisgewing uitgereik waarin studente ingelig is van die gebeure.

Modisane het aan Perdeby gesê dat hy “niks verkeerd gedoen het nie en dat hy slegs ‘n studiegroep bedryf het.” Hy meen “prof” was sy gebruikersnaam op WhatsApp en dat hy nooit voorgegee het om ‘n student te wees nie. Die fakulteit het in reaksie gesê dat die saak ondersoek word, en sê studente moet fokus op die formele strukture van die universiteit en klasse.

‘n Strafregkenner en dosent aan die UP, dr. Llewelyn Curlewis sê die regsfakulteit en die universiteit het geswyg oor die voorval.

Curlewis sê dit laat hom wonder oor die inhoud van die vak as niemand agterkom dat die student nie weet waarvan hy praat nie. “Hier is ‘n slang in die gras.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.

Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op

Screenshot 2025-05-13 105216

68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap

Screenshot 2025-05-13 091435

49 Suid-Afrikaners in die VSA verwelkom

Repliek

Van Wiskunde tot werk

GRVyh6TbEAAnjIT

Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar

Ander Nuus Artikels

cyril17
Ramaphosa: “Suid-Afrikaners wat na Amerika vlug is lafaards”
The,Increase,In,Unemployment.,News,In,The,Newspaper,On,The
“SA gaan onder werkloosheid gebuk, RNE skitter in sy afwesigheid”
Young,Business,Woman,Holding,Sign,Looking,For,A,Job
Werkloosheidskoers neem met 1-persentasiepunt toe
Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.
Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op
Screenshot 2025-05-13 105216
68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap

Student wat Regsleer-klas aanbied word les geleer


Luister nou

Volgende