4 Maart 2022
Die hond van die 22-jarige student, wat die naweek in ‘n ongeluk dood is, is vanoggend veilig teruggevind.
Annien Müller, wat ‘n mediese student in haar vierde jaar aan die Universiteit van Pretoria was, is Sondagoggend dood nadat sy op die N14 naby Diepsloot deur ‘n motor raakgery is.
Müller en haar 29-jarige kêrel, Reino von Wielligh was Sondag in twee afsonderlike motors op pad terug na Pretoria ná haar tweelingsuster se troue in Potchefstroom toe Von Wielligh beheer oor sy motor verloor het.
Müller het gestop en haar kêrel te hulp gesnel toe sy self deur ‘n motor getref is, wat glo ook weens die nat paaie beheer verloor het. Die paartjie se 10 maande oue Pointer-kruising, Xara was in Vol Wielligh se motor en het na die ongeluk weggehardloop. Sedertdien is ‘n wye soektog na haar begin.
Xara het nie ver van die ongelukstoneel, rondgedwaal nie.
