5 Mei 2021
Nooddienste in die Wes-Kaap is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag nadat swaar reënval vir dié gebied voorspel word.
Die gure weer is die gevolg van ‘n intensiewe kouefront wat later vandag oor dié gebied gaan inbeweeg.
Die LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell het gewaarsku dat die swaar reën en stormweer tot oorspoelings van informele nedersettings en laagliggende paaie kan lei.

Tot 55-millimeter reën, wat met winde met ‘n snelheid van 70-kilometer-per-uur gepaard gaan, word vir die Overberggebied en die Tuinroete voorspel. Deinings van tot 5-en-‘n-half-meter word oor dele van die provinsie – insluitende Kaapstad – verwag.
Intussen het sosiale media gebruikers foto’s gedeel van ‘n haelstorm in struisbaai.
Volgens inligting op Facebook het die sloot langs die Zoetendal Akademie “soos ’n rivier geloop” en erwe in die buurt is glo onder water.
struisbaai as received earlier – major flooding pic.twitter.com/rhWLyY6lxo
— Ryan 🐭 (@RyanKaap) May 5, 2021
#CapeStorm Struisbaai pic.twitter.com/6ERYgLL055
— TrafficSA (@TrafficSA) May 5, 2021