“Streng veiligheidsmaatreëls sal tydens verkiesing geld”


Luister nou

Volgende

“Streng veiligheidsmaatreëls sal tydens verkiesing geld”

29 April 2024

Die minister van verdediging en militêre veterane, Thandi Modise, sê maatreëls is ingestel om stemlokale tydens die nasionale en provinsiale verkiesings in Mei te beskerm.

Dít volg nadat die interdepartementele groep belas met justisie, misdaadvoorkoming en veiligheid die afgelope naweek terugvoer oor die gereedheidsvlak wat sekuriteit tydens die verkiesing betref, gegee het.

Volgens Modise strek die maatreëls ook tot nasionale sleutelpunte en ander fasiliteite wat kwesbaar vir kriminele aktiwiteite is.

Sy het verseker dat alle kiesers veilig sal wees wanneer hulle stem.

Modise sê die howe is ook voorbereid en gereed om alle verkiesingsverwante misdade te hanteer.

Aanklaers sal glo op bystand wees om oortredings soos verkiesingsbedrog en korrupsie, die verwydering of skending van politieke partye en veldtogplakkate, inmenging met die pligte van die kiesbeamptes of om enigiemand te dwing om te stem waar hulle nie wil nie, te vervolg.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

“Streng veiligheidsmaatreëls sal tydens verkiesing geld”


Luister nou

Volgende