30 November 2022
Rampbestuursbeamptes van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit moes sommige strande in Mosselbaai – in die Wes-Kaap – sluit weens ‘n oliestorting.
Amptenare het nog nie die bron van die storting gevind nie, maar hulle stel ondersoek in.
Die hoof van rampbestuur, Gerhard Otto, sê die strande wat gesluit is om ‘n skoonmaakaksie moontlik te maak, sal binnekort weer oopgestel word.
Volgens Otto het hulle ‘n lugsoektog gelas om te probeer vasstel waar die lekkasie se oorsprong is.
Hy sê hulle beplan ook ‘n opvolgvergadering met al die betrokke partye om so gou as moontlik die probleem by te lê.