Strafbare manslag-saak teruggetrek ná SAPD glo versuim om dodelike botsing te ondersoek

Luister nou

Volgende

Strafbare manslag-saak teruggetrek ná SAPD glo versuim om dodelike botsing te ondersoek

24 Junie 2024

AfriForum se privaatvervolgingseenheid is deur ‘n familie gekontak om ondersoek in te stel ná die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se beweerde versuim om ’n forensiese ondersoek in ’n saak van strafbare manslag te voltooi.

Dit kom byna twee jaar nadat Danielle van Jaarsveld in ‘n motorongeluk in Sedgefield oorlede is. Die verdagte in die saak, Gareth Webster word daarvan beskuldig dat hy na bewering op 6 November 2022 teen ’n hoë spoed gery het toe sy Audi SQ5 met Van Jaarsveld se Kia gebots het.

Hy en ‘n passasier het ‘n gholfdag bygewoon toe die ongeluk gebeur het.

Volgens die eenheid se woordvoerder, Barry Bateman het hulle reeds ‘n skrywe aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gerig om hul kommer uit te spreek oor die saak wat sloer.

Volgens hom was Van Jaarsveld en haar skoonsuster, Monique van Zyl op pad strand toe ten tyde van die ongeluk. Van Jaarsveld is onderweg na die hospitaal oorlede en Van Zyl het ernstige beserings opgedoen.

Webster het op 3 Oktober 2023 vir die eerste keer op ’n klag van strafbare manslag in die hof verskyn. Die saak is egter op 13 Maart voorlopig teruggetrek ná dit talle kere uitgestel is aangesien die SAPD nie ’n forensiese verslag kon voltooi nie.

“Van Jaarsveld se familie is ook ingelig dat die ooggetuie verklarings en die beeldmateriaal van die ongeluk nie in die dossier ingesluit was nie. Die saak is nog nie weer op die rol geplaas nie.” Volgens Bateman is daar genoegsame bewyse is om Webster te vervolg.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig