30 September 2022
Die VF Plus sê hulle is bekommerd oor ‘n toename in plaasmoorde sedert die gelykheidshof in Augustus bevind het dat die strydlied Kill the Boer nié haatspraak is nie.
Luidens ‘n verklaring van die party is agt mense sedert die uitspraak op plase vermoor en nóg ses beseer in afsonderlike plaasaanvalle.
Volgens die polisie se amptelike misdaadstatistiek is 22 mense in die eerste ses maande vanjaar in plaasaanvalle vermoor. Twaalf moorde het in die eerste kwartaal plaasgevind en tien in die tweede kwartaal.
Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald sê hierdie syfers is ‘n aanduiding dat die aantal plaasmoorde oor die laaste vyf weke skerp gestyg het.