Geskryf deur haar suster, Elsa Winckler.
7 Februarie 2024
Lucia Prinsloo, voorheen betrokke by Radio Pretoria, is gister, op 6 Februarie in PE oorlede.
Sy is die jongste dogter van Mossie en Lucia van den Berg en ‘n geliefde in ons uitsaaigemeenskap. Sy het vir jare aan ‘n ongeneeslike niersiekte gely. Haar jonger broer, Van Rooy van den Berg het meer as ‘n jaar gelede aan haar ‘n nier geskenk.
Sy het dit op ‘n besondere manier reggekry om ‘n lewe vol energie en kreatiwiteit te lei.
Haar passie was woorde, musiek, blomme, maar ook die droom…en die ver paaie oor ons Afrika-kontinent. Lucia was ‘n inspirasie vir almal rondom haar.
Haar humorsin en skryfkuns is verewig in twee boeke wat in die afgelope jare verskyn het nl; Kwaheri, my geliefde, en ook Vegters. ‘n Derde boek word in Maart deur Lapa uitgegee. Dis reeds gereed.
Lucia was getroud met Dappie en hulle het drie dogters, ‘n seun en vyf kleinkinders gehad.
Hulle woon in Jefreys Baai. “Ons eer haar en onthou haar..sy was ‘n sprankel, ‘n storiemens, ‘n glimlag in die wind.”